Fourkeeps Internet Radio

4 -  Keeps / 4 - Music / 4- Life

Films

Films / Movies

Faan se Trein

Opsomming Op 'n persoonlike vlak het hierdie film my diep getref, maar beslis die mooite werd om te kyk, puik akteur werk wat my waarlik na die demensie van realiteit gevat het en my hart snare ge roer het soos min films.

Life Circle

Opsomming  Alhoewel die klanke van natuur my produksie daar bietjie belemmer het, het dit my steeds nie gehinder om die produksie op kinders met Autism te doen nie, inteendeel het dit my gelos met baie hartseer, vrae en drang na beter skap in alle forms en opsigte

Jakhalsdans

Opsomming  

Alhoewel die woord kluisenaar skrikwekkend klink is die gedagte daarvan in vandag se dae nie so erg nie, maar in die geval wens ek self baie mense kan so troebadoer ontmoet, Theuns het beslis 'n baie unieke, talentvolle  en  indrukwekkende rol gespeel en ook die rol perfek  oor gedra

Fiela se Kind

Opsomming

God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Aan die een
kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar ‘toebetrou’ een nag toe sy hom as
driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ´n weggooilam. 
dis koue kos

Dis Koue Kos, Skat is 'n plaaslike
film waarin jy werklik jou tande
kan insink.
Gebaseer op die boek deur
Marita van der Vyver ondersoek dit
die beproewings en beproewings van
egskeiding en die skielike skok
van alleen wees nadat jy die
grootste deel van jou lewe met
iemand anders gedeel het. ’n Goedgeskrewe skermverwerking
gekombineer met die indrukwekkende
regievaardighede van Etienne
Fourie lewer ’n wonderlike fliek
wat werklik die kyk werd is. Die veteraan-rolspelers is die
kersie op die reeds heerlike koek.
Anna-Mart van der Merwe bewys
weereens moeiteloos hoekom sy
ongetwyfeld Suid-Afrika se
top-aktrise is. Haar uitbeelding van Clara word
met soveel toewyding gedoen dat jy
nie anders kan as om by die
storie ingesleep te word nie.
Sy beliggaam die karakter heeltemal
met so eerlikheid dat dit niks
anders as 'n plesier is om na haar
op die groot skerm te kyk nie. Voeg daarby die energieke en
skreeusnaakse vertoning deur
Elzabé Zietsman in die rol van
Minette en jy het ’n wenresep.
Zietsman en Van der Merwe maak ’n
dinamiese duo en gee die
Suid-Afrikaanse gehoor twee sterk
vroulike karakters op die
grootskerm – iets wat ons selde,
indien ooit, in die plaaslike
rolprentteater te sien kry. Die manlike karakters, hoewel
briljant uitgebeeld deur Deon Lotz
en Frank Opperman, neem 'n
agterste sitplek en laat die film
toe om 'n ander storie te vertel
as jou gewone manlike dominante
rom-com. Dis Koue Kos, Skat skitter danksy
sy aandag aan detail, watertand
geregte, pragtige kinematografie,
A-lys rolverdeling en wêreldklas
regie. Dit is werklik 'n fees vir
die oog in elke sin van die woord.



Gedigte



Drome   

In die vensters van my siel skuil diep merke van verniel Met net een ry spore streef ek na ń pad van vrede  Ek stap tussen berge blou waar die dag se stilte my omvou skep ruimte waarin ek myself kan vind want oral lê stukkies van my rond   terwyl my siel in eensaamheid verdrink vee ek troebel trane af wat blink jy saai verwoesting in my wese alleen sal ek bou aan my drome   dae soos die wens ek verby dat onthou sal verby gly die letsels waaraan ek vashou sal nooit weer aan my wese vasklou   ek herkou nie meer jou woorde ons drome van gister lê vergete dis nou vrede wat my staande hou mag die stilte altyd om my vou   (c) Emsa Haasbroek

Stilte van die nag
 
ek lê en mymer in die stilte van die nag
waar ek die diep seer onthou
ek versamel gedagtes skryf dit neer op papier
kalm kies ek woorde wat aan my lippe hang
 
waar ek jou naam geskrywe het
slaan ek my oë neerslagtig neer
trane deurspoel my dapper oê
tussen die lyne van my spore val
trane smerig op ink
 
jou woorde was soos vuur binne my
daar was ook geen berou
my glimlag het ek bewaar agter die vensters van my siel
 
dit word stil in my, gedagtes wat smeek
vanaand hang ek jou koue woorde aan die sekelmaan
ek moes jou los om aan my wonde te kerf
nooit was jou koue woorde met sout besprinkel
 
(c) Emsa Haasbroek

Woestynland
 
terwyl sy oor sandheuwels loop
lê eensame spore agter haar
wanneer sy opkyk na die hemel daar bo
vul ń leemte die bruin van haar oê
 
deur die wroeging van haar siel
vloei daar droewige trane van verniel
terwyl sy haar weemoed uitgil oor die ganse aarde raak haar skaduwee afgemat onder die juk
 
wanneer haar dae onuithoudbaar raak
tussen ttrane en struikel
weergalm haar stem in die duister
onder sterre en planete maak sy ń wens
kom neem my seer vêr na die hemel daarbo
stuur vir my ń somerson waarin ek weer kan lag
 
onder dreigement van stilte
smag sy na iets wat soos omgee lyk
al lê daar seer in haar weggesluit
staar sy die wêreld weer in die oê
sonder omgee oor eensame spore
 
(Emsa Haasbroek)


Rooi robyn 
 
my naam lê gemerk by die drumpel van sy deur
gister se klop, nie die draai van die sleutel gehoor
geslote bly sy deure vir my
gehoop hy sou vandag sy arms om my vou
 
laat nagte was vir ons uitgelè
verdwaal in die diepte van sy oë
wanneer hy blomme in my hande neer kom lê
in die aande se winterkou
gedans voor die hitte van die kaggelvuur
 
deur die reën en die seer is daar niks meer om te begeer
ek soek skuiling om in te gaan
waar my trane van berou troos kan vind
seerkry het my diep spore laat trap
 
die nag was in sy midde, hangend lê die donker maan
daar was ń roepstem binne my
agter slot en grendel moet hy bly
asemloos wil ek toekyk hoe sy lyf geboë bly
en sy oë nie meer kyk na my
nooit weer sal ek met rooi robyn aan sy deur kom klop
 
(Emsa Haasbroek)


Diep blou see  

my boodskap vloei op papier ek verseël dit in ń bottel

vandag laat los ek dit oor die stille oseaan waar blou waters heers

mag my boodskap veilig oor waters vaar tot waar ñ seeman se huilende oë dit gewaar

dit hardop uitlees oor die stilte van die see  

my boodskap sal jou van hoop vertel dat jy nie sal vrees

ek wil jou hande vashou wanneer hulle

gly oor gladde waters

wanneer hoogwaterbranders onstuimig om jou breek weet dis waar God heers

ek wil jou voete staande hou wanneer diep waters om jou vou  

strek jou hande uit na my ek sal jou stuurman wees

die gedruis van branders sal jou rusplek wees

skep druppels waters in jou hande dit sal jou lafenis wees

moenie vrees vir die diepte van die see my voete het al daar geloop  

wanneer jy terugkyk oor die diep blou see

weet net altyd sal jy veilig vaar

stuur my boodskap aan dat ñ seeman nooit sal vrees  

(c) Emsa Haasbroek