Deur Melodie Veldhuizen
“Musiek spreek met emosies wat woorde alleen nie kan uitdruk nie. Omdat musiek nie aan ʼn taal gebonde is nie, kan dit met alle mense praat. Dwarsdeur ons lewe behou musiek vir ons hierdie funksie: dit troos en laaf en inspireer ons.” (RH Terry)
Daar is heelwat redes waarom musiek goed is vir jou.
Wat ook al jou gemoedstemming, daar sal altyd ʼn deuntjie of liedjie wees wat jou hartseer of weemoedig stem, jou laat verlang, of jou laat glimlag. ʼn Spesifieke liedjie of deuntjie herinner jou aan ʼn spesifieke plek, gebeurtenis of persoon en herroep kosbare herinneringe.
Selfs al voel jy bedruk, verbeter jou gemoedstemming wanneer jy na jou gunstelingmusiek luister. Die musiek veroorsaak dat jou brein ʼn neuroöordraer genaamd dopamien vrystel, wat gevoelens van geluk, opwinding en vreugde versterk.
Spanning laat jou hartklop versnel en verhoog jou bloeddruk en is dikwels die oorsaak van ander siektetoestande. Wanneer jy na musiek luister wat jy geniet, verlaag dit die kortisolvlakke in jou liggaam, wat die effek van chroniese spanning teenwerk.
Musiek kan as ʼn natuurlike antidepressant beskou word omdat die brein die neuroöordraers serotonien en dopamien vrystel, wat jou gelukkig laat voel en jou algehele welstand verbeter. Dit stel ook die hormoon norepinefrien vry wat ’n gevoel van welbehae skep.
Navorsingsresultate toon dat die kombinasie van sagte beligting en strelende musiek maak dat jy minder eet en terselfdertyd jou kos meer geniet.
Luister vir minstens ʼn uur voor jy gaan slaap na klassieke of enige ontspannende musiek. Dit sal jou beter laat slaap.
As jy na musiek luister terwyl jy bestuur, verbeter jou gemoedstemming sodat jy veiliger bestuur en minder geneig sal wees tot padwoede.
Volwassenes en kinders wat na musiek luister terwyl hulle studeer, memoriseer en herroep inligting makliker. Dit hou waarskynlik verband met verlaagde dopamienvlakke. Moedig dus jou kinders aan om na (die regte) musiek te luister terwyl hulle studeer.
Navorsingsresultate toon dat daar by 90% van kinders tussen vier en ses jaar ʼn beteknisvolle toename in verbale intelligensie was ná slegs een maand se musieklesse waartydens hulle meer oor ritme, toonhoogte, melodie en stemtoon geleer het.
Kinders wat musiek- of sanglesse neem, presteer akademies beter as hul maats wat deelneem aan buitemuurse aktiwiteiteite wat nie met musiek verband hou nie.
Daar bestaan nog onsekerheid oor hoe dit werk, maar navorsing het getoon dat persone wat chroniese pyn ervaar het, verligting ervaar het deur na musiek te luister. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat musiek spanning verlig en die liggaam dienooreenkomstig reageer. Dopamienvlakke speel ook ʼn belangrike rol in ons ervaring van pyn en omdat musiek bydra tot dopamienvrystelling, bring dit ook pynverligting mee.
Musiekervarings word dikwels met ander mense gedeel deur middel van byvoorbeeld groepmusieklesse of groepdanse, deur in ʼn orkes te speel of in ʼn koor te sing, of selfs na musiekuitvoerings te luister, of ons luister saam met vriende of familie wat ons musieksmaak deel.
Viva musiek! Dis ʼn taal wat nooit sal uitsterf nie.
“Musiek wat mense wil laat beweeg, is geneig om meer lae-frekwensie klank te hê en basinstrumente verskaf tipies die musikale polsslag waarop mense wil dans," sê dr. Daniel Cameron, neurowetenskaplike van die McMaster-universiteit in Kanada.
Die span navorsers het konsertgangers by ? elektroniese musiekkonsert deur die Kanadese duo Orphx met hoofbande toegerus om hul bewegings te monitor, en bevind dat tydens periodes waar baie lae frekwensie-klanke (ook bekend as sub-basklanke) gespeel is, mense meer beweeg het, al kon hulle nie die frekwensies hoor nie.
Die navorsers het spesialiseerde, baie lae frekwensie-luidsprekers elke 2,5 minute tydens die uitvoering aan- en afgeskakel en die dansers se beweging gemonitor.
Daar is ontdek dat die onopspoorbare sub-basklanke 11,8% meer beweging by dansers ontlok het, al was hulle nie "bewustelik bewus" van die frekwensies nie. Mense het met meer entoesiasme en met meer oordrewe bewegings gedans.
“Dit is waarskynlik dat die sub-bas klanke deur meganoreseptore op die vel en in die liggaam aangevoel word, sowel as die vestibulêre stelsel in die binneoor, wat gekoppel is aan die gevoel van balans, “ verduidelik dr. Cameron.
Die navorsers reken dat lae toonhoogtes mense help om makliker op die maat van musiek te beweeg.
Die studie is in die Current Biology-joernaal gepubliseer is.
03 - Jan -2023
Boererate vir vandag:
Asem
Eet pietersielie vir stink asem.
Bloed
Drink beetsap om jou vel skoon te hou. Dit reinig die bloed.
Bloeddruk
Drink 1 eetlepel asyn saam met 125ml water om jou bloeddruk te verlaag.
Bloei
Sit cayenne peper op die wond. Die voering van ´n ou hoed kan ook op die wond gesit word.
© All rights reserved 4Keeps Internet Radio - ©Design by T. Meyer 2023